cycle-image cycle-image cycle-image cycle-image cycle-image

2012 Novare Terroir Wyntoekennings Resultate

27 Jul 2012

SA se Top 5 Landgoedwyne is aangekondig

Na ‘n rekord aantal 276 inskrywings vir die sewende jaarlikse Novare SA Terroir Wyntoekennings is die eerste ooit SA Terroir Top 5 Landgoedwyne deur ‘n paneel van sewe ervare wynkenners gekeur. Suid-Afrika se top vyf landgoedwyne is Groot Constantia Chardonnay 2011, Kaapzicht Steytler Pentagon 2008 (rooi versnit), Kaapzicht Steytler Pinotage 2008, Neethlingshof Short Story Collection Maria 2011 (natuurlike soet) en Wildekrans Chenin Blanc Barrel Selection 2010.

Uit al die inskrywings van landgoedwyne word die top wynlandgoed aangewys en die wenner van die 2012 Novare-trofee vir SA Terroir Top Wynlandgoed is Wildekrans Landgoed tussen Grabouw en Elgin in die Botrivier-wyk van die Walker Bay distrik. Die Wildekrans Chenin Blanc Barrel Selection 2010 is een van die vyf wyne wat die hoogste punte behaal het uit al die inskrywings vir die kompetisie en is gekeur as een van die Top 5 Landgoedwyne, asook die Nasionale Wenner van Chenin blanc. Nog twee Wildekrans-wyne is wenners in die Walker Bay-distrik, terwyl nog ‘n wyn ‘n bogemiddelde puntetoekenning gekry het. Dit was ‘n baie nou stryd met die naaswenner Kaapzicht met twee Nasionale Wenners en dieselfde wyne wat ook gekeur is onder die Top 5 Landgoedwyne, terwyl nog ‘n wyn bogemiddelde punte gekry het.

“Die fokus van die jaarlikse Novare SA Terroir Wyntoekennings is op die produsente wat met ‘n passie wynterrein perfeksioniste geword het. Dit is die perfekte kombinasie van grond, klimaat, wingerdbestuur en wynbereiding. Slegs wyne gesertifiseer as ‘n Wyn van Oorsprong (WO) van ‘n enkelwingerd, landgoed, wyk of klein distrik wat nie in wyke verdeel is nie kan ingeskryf word,” sê stigter en projekleier Marius Labuschagne.

Die 2012 Novare SA Terroir Wyntoekennings vir kultivarwyne, rooi en wit versnitte, rosé, vonkelwyn en dessertwyne is: Groot Constantia Gouverneurs Reserve White 2010 (wit versnit), Wildekrans Chenin Blanc Barrel Selection 2010, Kaapzicht Steytler Pentagon 2008 (rooi versnit), Kaapzicht Steytler Pinotage 2008, KWV Mentors Viognier 2011, Jordan The Real McCoy Riesling 2011, Lisha Nelson Cabernet Franc 2008, Nuy Chardonnay 2009, Nuy Wit Muskadel 2007, Diemersdal Sauvignon Blanc Reserve 2012, Anura Cabernet Sauvignon Reserve 2007, Anura Syrah Limited Release 2007 (Shiraz), De Krans Cape Vintage Reserve 2008 (port), La Motte Brut Cap Classique 2009 (vonkelwyn), Neethlingshof Gewürztraminer 2012, Neethlingshof Short Story Collection Maria 2011 (natuurlike soet), Welbedacht Merlot 2005, Signatures of Doolhof Malbec 2010 en David Nieuwoudt Ghost Corner Semillon 2010.

Die wynbouterrein wat die meeste top presterende wyne opgelewer het, is ook vir die derde jaar vereer. Die wenner van die 2012 Novare-trofee vir SA Terroir Top Wyngebied is toegeken aan Stellenboschkloof in die Stellenbosch distrik. Jordan Landgoed en Neethlingshof Landgoed was die hoofrolspelers met drie Nasionale Wenners, een van die Top 5 Landgoedwyne en ses wenners in die Stellenbosch Distrik.

“Die Novare SA Terroir Wyntoekennings is nou in sy sewende jaar en dit het jaarliks gegroei met ‘n rekord aantal inskrywings elke keer. Ons is met passie betrokke omdat die unieke en spesiale wynbougebiede in Suidelike Afrika altyd ‘n onderwerp en ‘n smaakvolle ontdekkingstog vir plaaslike en internasionale wynliefhebbers moet wees. Die verskeidenheid van puik terroirs aan die suidepunt van Afrika verdien sy eie erkenning en moet altyd ten volle benut word. Ons is trots om betrokke te wees,” sê Derrick Roper, uitvoerende hoof van Novare.

Die 2012 beoordelaar was Andrea Freeborough, Dave Hughes, David Biggs, Guy Webber, Irina von Holdt, Marilyn Cooper en Pierre Marais. Die tegniese koordineerder is Charl Theron. Die uitslae is gemonitor deur Novare se rekeninge-afdeling. Vir volledige uitslae in al die gebiede besoek www.terroirwineawards.co.za.

Uitgereik deur ML Kommunikasie. Tree in verbinding met Marius Labuschagne by 021 975 8166 of 079 640 6800.

VOLLEDIGE UITSLAE:

Nasionale wenners gevolg deur area-wenners

2012 SA Terroir Wyntoekennings Nasionale Wenners

Top Wit Versnit: Groot Constantia Gouverneurs Reserve White 2010
Top Chenin Blanc: Wildekrans Chenin Blanc Barrel Selection 2010
Top Rooi Versnit: Kaapzicht Steytler Pentagon 2008
Top Pinotage: Kaapzicht Steytler Pinotage 2008
Top Viognier: KWV Mentors Viognier 2011
Top Riesling: Jordan The Real McCoy Riesling 2011
Top Cabernet Franc: Lisha Nelson Cabernet Franc 2008
Top Chardonnay: Nuy Chardonnay 2009
Top Muskadel: Nuy Wit Muskadel 2007
Top Sauvignon Blanc: Diemersdal Sauvignon Blanc Reserve 2012
Top Cabernet Sauvignon: Anura Cabernet Sauvignon Reserve 2007
Top Shiraz: Anura Syrah Limited Release 2007
Top Port: De Krans Cape Vintage Reserve 2008
Top Vonkelwyn: La Motte Brut Cap Classique 2009
Top Gewürztraminer: Neethlingshof Gewürztraminer 2012
Top Natuurlike Soetwyn: Neethlingshof Short Story Collection Maria 2011
Top Merlot: Welbedacht Merlot 2005
Top Malbec: Signatures of Doolhof Malbec 2010
Top Semillon: David Nieuwoudt Ghost Corner Semillon 2010.

2012 SA Terroir Wyntoekennings Area-wenners

Stellenbosch Distrik Terroir Toekennings (insluitend Stellenbosch-wyke)

Top Rooi Versnit: Kaapzicht Steytler Pentagon 2008
Top Pinotage: Kaapzicht Steytler Pinotage 2008
Top Chenin Blanc: Jordan Chenin Blanc 2011
Top Chardonnay: Jordan Chardonnay 2010
Top Riesling: Jordan The Real McCoy Riesling 2011
Top Merlot: Meerlust Merlot 2008
Top Cabernet Sauvignon: Jordan Cabernet Sauvignon 2009
Top Gewürztraminer: Neethlingshof Gewürztraminer 2012
Top Natuurlike Soetwyn: Neethlingshof Short Story Collection Maria 2011

Walker Bay en Cape Agulhas Distrikte Terroir Toekennings

Top Chenin Blanc: Wildekrans Chenin Blanc Barrel Selection 2010
Top Semillon: David Nieuwoudt Ghost Corner Semillon 2010
Top Sauvignon Blanc: David Nieuwoudt Ghost Corner Sauvignon Blanc 2011
Top Wit Versnit Hermanuspietersfontein Die Bartho 2011
Top Rooi Versnit: Wildekrans Cape Blend Barrel Selection 2010
Top Shiraz: Wildekrans Shiraz Barrel Selection 2010
Top Pinotage: Springfontein Jonathans Ridge Single Vineyard Pinotage 2009

Robertson Distrik en Swellendam Distrik Terroir Toekennings

Top Wit Versnit: Bon Courage Hillside White 2012
Top Chardonnay: Rietvallei Claim d’Or Chardonnay 2011
Top Colombar: Bon Courage André’s Fame Colombar 2012
Top Shiraz: Bon Courage Inkara Shiraz 2010
Top Natuurlike Soetwyn: Bon Courage Gewürztraminer SLH 2012
Top Vonkelwyn: Bon Courage Blanc de Blanc 2008
Top Muskadel: Bon Courage White Muscadel 2012

Durbanville Wyk en Philadelphia Wyk Terroir Toekennings

Top Sauvignon Blanc: Diemersdal Sauvignon Blanc Reserve 2012
Top Rooi Versnit: Diemersdal Private Collection: 2010
Top Merlot: Durbanville Hills Luipaardsberg Merlot 2008
Top Pinotage: Meerendal Heritage Block Pinotage 2010
Top Cabernet Sauvignon: Meerendal Cabernet Sauvignon 2010
Top Natuurlike Soetwyn: De Grendel Sauvignon Blanc NLH 2012

Breedekloof Distrik Terroir Toekennings

Top Chenin Blanc: Slanghoek Private Selection Sauvignon Blanc 2012
Top Sauvignon Blanc: Bergsig Sauvignon Blanc 2012
Top Vonkelwyn: Hendrik Lodewyk Cap Classique NV
Top Port: Bergsig Cape LBV 2001
Top Muskadel: Slanghoek Red Muscadel 2011

Wellington Distrik en Voor-Paardeberg Wyk Terroir Toekennings

Top Pinotage: Bosman Pinotage 2010
Top Shiraz: Nelson Estate Shiraz 2008
Top Cabernet Sauvignon: Bosman Cabernet Sauvignon 2007
Top Chenin Blanc: Wellington Wines Chenin Blanc 2012
Top Shiraz: Welbedacht Bohemian Shiraz 2008

Worcester Distrik Terroir Toekennings

Top Colombar: Nuy Colombar 2012
Top Shiraz: Nuy Barrel Selection Shiraz 2010
Top Pinotage: Nuy Barrel Selection Pinotage 2010
Top Cabernet Sauvignon: Nuy Barrel Selection Cabernet Sauvignon 2010

Paarl Distrik Terroir Toekennings (insluitend Paarl-wyke)

Top Petit Verdot: Anura Petit Verdot Ltd Release 2008
Top Merlot: Anura Merlot Reserve 2008
Top Cabernet Sauvignon: Anura Cabernet Sauvignon Reserve 2007
Top Vonkelwyn: Anura Brut 2007

Simonsberg-Paarl Wyk Terroir Toekennings

Top Petit Verdot: Anura Petit Verdot Ltd Release 2008
Top Merlot: Anura Merlot Reserve 2008
Top Cabernet Sauvignon: Anura Cabernet Sauvignon Reserve 2007
Top Vonkelwyn: Anura Brut 2007

Constantia Wyk, Houtbaai Wyk en Kaappunt Distrik Terroir Toekennings

Top Chardonnay: Groot Constantia Chardonnay 2011
Top Rooi Versnit: Constantia Glen Five 2008
Top Shiraz: Groot Constantia Shiraz 2010

Klein Karoo Streek, Swartberg en Prins Albert Wyke Terroir Toekennings

Top Muskadel: Boplaas Muscadel 2011
Top Port: De Krans Cape Vintage Reserve 2008

Franschhoekvallei Distrik Terroir Toekennings

Top Semillon: Franschhoek Vineyards Semillon 2011
Top Cabernet Sauvignon: Dieu Donne Cabernet Sauvignon 2008

Devonvallei, Papegaaiberg en Polkadraai Heuwels Wyke Terroir Toekennings

Top Rooi Versnit: Meerlust Rubicon 2007
Top Merlot: Meerlust Merlot 2008

Bottelary Wyk Terroir Toekennings

Top Rooi Versnit: Kaapzicht Steytler Pentagon 2008
Top Pinotage: Kaapzicht Steytler Pinotage 2008

Simonsberg-Stellenbosch Wyk Terroir Toekennings

Top Chardonnay: Uitkyk Chardonnay 2010

Elgin Distrik Terroir Toekennings

Top Viognier: KWV Mentors Viognier 2011

Jonkershoek Wyk en Banghoek Wyk Terroir Toekennings

Geen

Swartland Distrik en Darling Distrik Terroir Toekennings

Geen

Tulbagh Distrik en Ceres Wyk Terroir Toekennings

Geen

Olifantsrivier Streek, Lambertsbaai en Cederberg Wyke Terroir Toekennings

Geen

Overberg Distrik Terroir Toekennings

Geen