cycle-image cycle-image cycle-image cycle-image cycle-image

Suid-Afrika se top terroir-wyne vereer

01 Jul 2011

Na ‘n rekord 251 inskrywings vir die sesde jaarlikse Novare SA Terroir Wyntoekennings, het vyf wynkelders uitgestaan as top presteerders met twee Nasionale Wenners elk, Doolhof, Durbanville Hills, Hermanuspietersfontein, Jordan en Welbedacht. Vir die eerste keer ooit is die Novare Trofee vir die SA Terroir Top Wynlandgoed toegeken aan die wynlandgoed wat uitsonderlik presteer het met finalis-wyne en Nasionale Wenners. Die Top Wynlandgoed-trofee is toegeken aan Jordan Wynlandgoed van Polkadraai Heuwels in die Stellenbosch-distrik, wat besit word deur die getroude man en vrou wynmaakspan, Gary en Kathy Jordan.

Jordan Wynlandgoed het vier wyne ingeskryf wat vir die finale rondte gekeur is en ook twee Nasionale Wenners opgelewer, die Jordan Riesling 2009 en Jordan Nine Yards Chardonnay 2009. Beide wyne het ook van die hoogste puntetoekennings gekry uit al die inskrywings in al die klasse.

Die tweede Novare Trofee vir die SA Terroir Top Wyngebied was toegeken aan die Durbanville-wyk. Benewens drie Nasionale Wenners, het 16 wyne wat vir die finale rondte gekeur is uit hierdie wyk gekom. Die kelders wat die hoofrol gespeel het om die Top Wyngebied-trofee vir Durbanville te bewerkstellig, is Durbanville Hills, Klein Roosboom, Meerendal, Nitida, De Grendel, Altydgedacht en De Vallei. Verlede jaar se wenner van die trofee, die Wellington-wyk, was die sterkste mededinger.
Slegs wyne gesertifiseer as ‘n enkelwingerdwyn, ‘n landgoed-geproduseerde wyn of van ‘n spesifieke wyk kan deelneem, vandaar die term SA Terroir Wyntoekennings.

Die 2011 Novare SA Terroir Wyntoekennings Nasionale Wenners vir kultivarwyne, rooi- en wit versnitwyne, rosé, vonkelwyn en dessertwyn: Welbedacht Barrel Fermented Chenin Blanc 2005 en Pinotage 2009 van Wellington; Durbanville Hills Biesjes Craal Sauvignon Blanc 2009 en Merlot Rosé 2011 van Durbanville; Hermanuspietersfontein Die Bartho 2010 (wit versnit) en Swartskaap 2009 (cabernet franc) van Sunday’s Glen in Walker Bay; Jordan Nine Yards Chardonnay 2009 en Riesling 2009, landgoedwyne van Stellenbosch; Signatures of Doolhof Petit Verdot 2009 en Malbec 2009 van Wellington; David Nieuwoudt Ghost Corner Semillon 2009 van Elim; Beau Constantia Cecily 2010 (viognier) van Constantia; Neethlingshof Gewürztraminer 2011, landgoedwyn van Stellenbosch; Dieu Donné Cross Collection Merlot/Cabernet 2008 van Franschhoek; Klein Roosboom Merlot 2009 van Durbanville; Anura Syrah Limited Release 2007 (shiraz) van Paarl-Simonsberg; Bon Courage Inkara Cabernet Sauvignon 2009, landgoedwyn van Robertson; La Motte Methode Cap Classique Brut 2008 (vonkelwyn) van Franschhoek; Bergsig Cape LBV 2001 port, landgoedwyn van die Breedekloof; Nuy White Muscadel 2005 van Nuy-wyk in Worcester en Lourensford Winemakers Selection Noble Late Harvest 2009, landgoedwyn van die Helderberg.

“Sedert die eerste kompetisie ses jaar gelede, het ons jaar na jaar rekord inskrywings ontvang, wat toon daar sal altyd ‘n plek wees om wyne wat geskep is van druiwe uit ‘n spesifieke wyngebied se lof te besing. Elke jaar se uitslae wys ook duidelik dat Suid-Afrika oor ‘n wynland vol veelsydige terroirs beskik, met ‘n groot verskeidenheid van gehalte wyne in baie verskillende gebiede. Min lande kan met ons meeding met die bereiding van hoë gehalte wyne in alle style van alle kultivars,” sê Marius Labuschagne, projekleier van SA Terroir Wyntoekennings.

“Die 2011 Novare SA Terroir Wyntoekennings het weer eens vir Novare ‘n onvergelykbare geleentheid gegee om in vaardigheidsopleiding te belê deur die top gehalte wyne wat werklik Suid-Afrika se verskillende terroirs uitbeeld te vereer, asook diegene wat dit met liefde toepas. Dit is daarom vir ons gepas om saam met ons filosofie van voortdurende vars denke en progressiewe vooruitgang, die nuwe toekennings van Top Wyngebied sedert 2010 en Top Wynlandgoed vanaf 2011 te ondersteun en te borg,” sê Johan Henn, uitvoerende hoof van die borg Novare.

Die meeste inskrywings was Sauvignon Blanc (35), gevolg deur Shiraz (28), Cabernet Sauvignon (24), Chardonnay (23), Rooi Versnitte (23) en Pinotage (22).

Die beoordelaars vir die 2011-kompetisie was Altus le Roux, Andrea Freeborough, Dave Hughes, David Biggs, Erika Obermeyer, Guy Webber en Pierre Marais, en die tegniese koordineerder Charl Theron. Die uitslae is gemonitor deur Novare se rekeninge-afdeling. Vir volledige uitslae besoek www.terroirwineawards.co.za.

Uitgereik deur ML Kommunikasie. Tree in verbinding met Marius Labuschagne by 021 975 8166 of 079 640 6800.

VOLLEDIGE UITSLAE:

Nasionale wenners gevolg deur area-wenners

2011 SA Terroir Wyntoekennings Nasionale Wenners

Top Chenin Blanc: Welbedacht Barrel Fermented Chenin Blanc 2005 Top Pinotage: Welbedacht Pinotage 2009

Top Sauvignon Blanc: Durbanville Hills Biesjes Craal Sauvignon Blanc 2009

Top Rosé: Durbanville Hills Merlot Rosé 2011

Top Wit Versnit: Hermanuspietersfontein Die Bartho 2010

Top Cabernet Franc: Hermanuspietersfontein Swartskaap 2009

Top Chardonnay: Jordan Nine Yards Chardonnay 2009

Top Riesling: Jordan Riesling 2009

Top Petit Verdot: Signatures of Doolhof Petit Verdot 2009

Top Malbec: Signatures of Doolhof Malbec 2009

Top Viognier: Beau Constantia Cecily 2010

Top Gewürztraminer: Neethlingshof Gewürztraminer 2011

Top Semillon: David Nieuwoudt Ghost Corner Semillon 2009

Top Rooi Versnit: Dieu Donné Cross Collection Merlot/Cabernet 2008

Top Merlot: Klein Roosboom Merlot 2009

Top Shiraz: Anura Syrah Limited Release 2007

Top Cabernet Sauvignon: Bon Courage Inkara Cabernet Sauvignon 2009

Top Cap Classique Vonkelwyn: La Motte Methode Cap Classique Brut 2008

Top Port: Bergsig Cape LBV 2001

Top Muscat: Nuy White Muscadel 2005

Top Natuurlike Soetwyn: Lourensford Winemakers Selection Noble Late Harvest 2009

2011 SA Terroir Wyntoekennings Area-wenners

Robertson Distrik en Swellendam Distrik Terroir Toekennings

Top Shiraz: Bon Courage Inkara Shiraz 2009
Top Cabernet Sauvignon: Bon Courage Inkara Cabernet Sauvignon 2009

Breedekloof Distrik Terroir Toekennings

Top Sauvignon Blanc: Avondrood Ancient Mountain Sauvignon Blanc 2011
Top Pinotage: Slanghoek Private Selection Pinotage 2008
Top Cap Classique Vonkelwyn: Hendrik Lodewyk Cap Classique NV

Worcester Distrik Terroir Toekennings

Top Chenin Blanc: Nuy Chenin Blanc 2011
Top Shiraz: Nuy Barrel Selection Syrah 2008

Klein Karoo Streek, Swartberg en Prins Albert Wyke Terroir Toekennings

Top Shiraz: Star Hill Shiraz 2009

Constantia Wyk, Houtbaai Wyk en Kaappunt Distrik Terroir Toekennings

Top Rooi Versnit: Groot Constantia Gouverneurs Reserve Red 2009
Top Wit Versnit: Groot Constantia Gouverneurs Reserve White 2009
Top Viognier: Beau Constantia Cecily 2010

Durbanville Wyk en Philadelphia Wyk Terroir Toekennings

Top Merlot: Klein Roosboom Merlot 2009
Top Sauvignon Blanc: Durbanville Hills Biesjes Craal Sauvignon Blanc 2009
Top Cabernet Sauvignon: De Vallei Cabernet Sauvignon 2009
Top Pinotage: Altydgedacht Pinotage 2010
Top Shiraz: Meerendal Shiraz 2006
Top Rooi Versnit: Altydgedacht Tintoretto 2009
Top Pinot Noir: De Grendel Pinot Noir 2009
Top Viognier: De Grendel Viognier 2011
Top Semillon: Nitida Semillon 2010
Top Cap Classique Vonkelwyn: Meerendal Blanc de Blanc 2007

Paarl Distrik Terroir Toekennings

Top Cabernet Sauvignon: Bovlei Vineyard Selection Cabernet Sauvignon 2009
Top Gewürztraminer: Bovlei Gewürztraminer 2010
Top Pinotage: Welbedacht Pinotage 2009
Top Rooi Versnit: Welbedacht No.6 2006
Top Merlot: Anura Merlot Reserve 2008
Top Chardonnay: Welbedacht Barrel Fermented Chardonnay 2005
Top Chenin Blanc: Welbedacht Barrel Fermented Chenin Blanc 2005 Top Malbec: Signatures of Doolhof Malbec 2009
Top Petit Verdot: Signatures of Doolhof Petit Verdot 2009
Top Merlot: Anura Merlot Reserve 2008

Franschhoek-Vallei Distrik en Simonsberg-Paarl Wyk Terroir Toekennings

Top Shiraz: Anura Syrah Limited Release 2007
Top Sauvignon Blanc: Anura Sauvignon Blanc 2011
Top Merlot: Anura Merlot Reserve 2008
Top Chardonnay: Vrede en Lust Chardonnay Marguerite 2010
Top Cap Classique Vonkelwyn: La Motte Methode Cap Classique Brut 2008

Wellington Wyk en Voor-Paardeberg Wyk Terroir Toekennings

Top Petit Verdot: Signatures of Doolhof Petit Verdot 2009
Top Malbec: Signatures of Doolhof Malbec 2009
Top Cabernet Sauvignon: Bovlei Vineyard Selection Cabernet Sauvignon 2009
Top Gewürztraminer: Bovlei Gewürztraminer 2010
Top Pinotage: Welbedacht Pinotage 2009
Top Rooi Versnit: Welbedacht No. 6 2006
Top Chardonnay: Welbedacht Barrel Fermented Chardonnay 2005
Top Chenin Blanc: Welbedacht Barrel Fermented Chenin Blanc 2005

Stellenbosch Distrik Terroir Toekennings

Top Cabernet Sauvignon: Amares Cabernet Sauvignon 2007
Top Shiraz: Rustenberg Shiraz 2008
Top Malbec: Neethlingshof Malbec 2010
Top Gewürztraminer: Neethlingshof Gewürztraminer 2011
Top Sauvignon Blanc: Neethlingshof Special Release Sauvignon Blanc 2010
Top Rooi Versnit: Kaapzicht Pentagon 2007
Top Riesling: Jordan Riesling 2009
Top Chardonnay: Jordan Nine Yards Chardonnay 2009
Top Chenin Blanc: Jordan Chenin Blanc 2009
Jonkershoek Wyk en Banghoek Wyk Terroir Toekennings
Top Cabernet Sauvignon: Bartinney Cabernet Sauvignon 2009

Devonvallei, Papegaaiberg en Polkadraai Heuwels Wyke Terroir Toekennings

Top Cabernet Sauvignon: Lovane Berries Only Cabernet Sauvignon 2007
Top Malbec: Neethlingshof Malbec 2010
Top Gewürztraminer: Neethlingshof Gewürztraminer 2011
Top Sauvignon Blanc: Neethlingshof Special Release Sauvignon Blanc 2010
Top Chardonnay: Jordan Nine Yards Chardonnay 2009
Top Riesling: Jordan Riesling 2009
Top Chenin Blanc: Jordan Chenin Blanc 2009

Simonsberg-Stellenbosch Wyk Terroir Toekennings

Top Cabernet Sauvignon: Amares Cabernet Sauvignon 2007
Top Shiraz: Rustenberg Shiraz 2008
Top Rooi Versnit: Knorhoek Pantere 2007
Top Chardonnay: Uitkyk Chardonnay 2009
Top Sauvignon Blanc: Uitkyk Sauvignon Blanc 2010
Bottelary Wyk Terroir Toekennings
Top Rooi Versnit: Kaapzicht Steytler Pentagon 2007
Top Pinotage: Fort Simon Pinotage 2008

Swartland Distrik en Darling Distrik Terroir Toekennings

Geen

Tulbagh Distrik en Ceres Wyk Terroir Toekennings

Geen

Olifantsrivier Streek, Lambertsbaai en Cederberg Wyke Terroir Toekennings

Top Shiraz: Cederberg Shiraz 2008
Overberg Distrik Terroir Toekennings
Top Shiraz: Raka Biography Shiraz 2008

Elgin Wyk Terroir Toekennings

Top Merlot: Elgin Vintners Merlot 2007
Top Chardonnay: Elgin Vintners Chardonnay 2010
Top Viognier: Elgin Vintners Viognier 2010

Walker Bay en Kaap Agulhas Distrikte Terroir Toekennings

Top Pinotage: Wildekrans Osiris Pinotage Barrel Selection 2009
Top Shiraz: Wildekrans Shiraz 2009
Top Cabernet Franc: Hermanuspietersfontein Swartskaap 2009
Top Wit Versnit: Hermanuspietersfontein Die Bartho 2010
Top Sauvignon Blanc: Springfontein Terroir Selection Sauvignon Blanc 2010
Top Semillon: David Nieuwoudt Ghost Corner Semillon 2009