cycle-image cycle-image cycle-image cycle-image cycle-image

WENNERS VAN SA TERROIR WYNTOEKENNINGS VAL MAURITIUS BINNE

31 May 2019

Die 18 Nasionale Wenners van die 2018 Novare SA Terroir Wyntoekennings sal vertoon word by proeë wat volgende week op Mauritius aangebied word – ʼn geleentheid wat volgens die organiseerders ʼn jaarlikse instelling sal wees.

Hierdie heel eerste proe van top Suid-Afrikaanse wyne op die eiland, is die breinkind van die stigter van Novare Holdings, Derrick Roper. Novare, in samewerking met Mauritius se Adansonia Holdings, borg terselfdertyd die 8ste jaarlikse Cycle Tour Ile Maurice, ʼn bergfietsrit – nie ʼn wedren nie – oor vier dae om die skilderagtige Mauritius-kuslyn.

Volgens Roper is hierdie die ideale geleentheid om die bekroonde wyne wat sy maatskappy in Suid-Afrika bevorder, ook hier te vertoon. “Dit is ʼn uitbreiding van ons siening dat Suid-Afrika fenomenaal goeie wyne maak, deur deelnemers aan die fietstoer en plaaslike kos- en drank-bestuurders, sommeliers en restaurateurs die geleentheid te gee om hulle te proe.”

Boela Gerber van Groot Constantia Landgoed, wat twee trofeë by die 2018 Novare SA Terroir Wyntoekennings ingepalm het, sal die 18 wenwyne in samewerking met Christo Pienaar van Nuy Wynkelder aanbied. Pienaar is voorsitter van die SA Nasionale Wynskouvereniging (SANWSA), wat die Toekennings aanbied.

Pienaar het gesê: “Ons is opgewonde om hierdie topgehalte wyne uit spesifieke terroirs van ons wynland met so ʼn belangrike samekoms van gaste te deel.” Hy glo dat hierdie die begin kan wees van ʼn daadwerklike poging om meer gehaltewyn aan die steeds groeiende toeristemark in Mauritius te verkoop.

Die wynproe word “Meet and Greet” genoem en vind op Saterdag 8 Junie by die Canonnier Beachcomber Golf Resort en Spa Hotel plaas.

Die vierdag-lange fietsrit van 270 km regom Mauritius, word op Vrydag 7 Junie - Maandag 10 Junie gehou.
Die volgende wyne sal geproe word:

WYN

NASIONALE WENNER 

Alto Cabernet Sauvignon 2014 Top Cabernet Sauvignon
Anura Reserve Malbec 2016 Top Malbec
Babylonstoren Viognier 2017 Top Viognier
Bon Courage Noble Late Harvest 2016 Top Noble Late Harvest
D'Aria The Following Sauvignon Blanc 2016 Top Sauvignon Blanc 
De Wetshof Nature in Concert Pinot Noir 2017 Top Pinot Noir
Flagstone Writer's Block Pinotage 2016 Top Pinotage
Ghost Corner Bowline 2016 Top White Blend
Glen Carlou Chardonnay 2017 Top Chardonnay 
Groot Constantia Grand Constance 2015 Top Natural Sweet 
Groot Constantia Cape Ruby 2016 Top Port style
Jordan Black Magic Merlot 2015 Top Merlot 
Lynx Grenache 2017 Top Grenache
Neethlingshof Gewürztraminer 2018 Top Gewürztraminer 
Nuy Red Muscadel 2010 Top Muscadel
Rietvallei JMB Cabernet Franc 2015 Top Cabernet Franc 
Vrede en Lust Early Mist Riesling 2017 Top Riesling
Wildekrans Shiraz Barrel Select Reserve 2014 Top Shiraz 

Inskrywings vir die 2019 Terroir-kompetisie sluit op 11 Junie en die afleweringsdatums vir monsters vir beoordeling is 13 -14 Junie. Die beoordeling vind op 2 - 5 Julie plaas en die toekenningsfunksie word op 1 Augustus by Anura Landgoed deur Novare aangebied.

Einde

Inskrywingsvorms is aanlyn beskikbaar by www.terroirwineawards.co.za  
Vir verder inligting, kontak die organiseerders:
Tel 021 863 1599, e-pos info@terroirwineawards.co.za
Bly in voeling met die SA Terroir Wyntoekennigns:
www.facebook.com/SATerroirAwards
Twitter – @SATerroirAwards